Great steak

Posted by Emile Joubert

Ingredients

Vleis:

Sous:

Twee koppies Coke
Halwe koppie brandewyn
Eetlepel Mrs Ball’s blatjang
Twee eetlepels sojasous
Twee eetlepels goeie asyn (nie balsamies nie – dis te soet)

Method

Verhit pan    
Gooi die Coke en Brandewyn in die pan.     
Voeg Mrs Ball’s by. Kook af tot die hele storie ‘n dunnerige stroop maak.     
Klits dan die sojasous en asyn by     en kook vir nog so 3-4 minute. Koel af.

Nou vat jy jou sirloinsteaks en plaas hulle in die swart sous. Bedek die vleis met die sous en los vir 30 minute maksimum.      
Braai nou die steaks op jou rooster     op oop warm kole. As

Dieselfde marinade kan uiteraard op rump     T-been en filet gebruik word.

FILET ? HEEL GEBRAAI    

Hierdie ware primasnit is nou nie geuriger as sirloin of rump nie     maar die malvasag tekstuur is sensueel. Ek hou daarvan om voor die braaislag vir my ?n paar skywe te sny en sommer rou te eet met peper en suurlemoensap.

Hoe ook al ‘n filet braai fantasties op die kole

Smeer die filet met olyfolie sout en peper.

Kry jou kole op die vlak waar jy jou hand vir vier tellings op roosterhoogte kan nou.     

Sit filet bo op die rooster. Gee elke kant van die silindriesvormige vleis so ‘n minuut se hitte om te kleur en te siel. Nou draai jy hom elke drie vier minute.

Vir ‘n gewone filet van twee kilogram gaan 20 minute genoeg wees om hom halfgaar te kry warm in die middel maar pienkrooi. So 30 minute hoort jou vleis op die medium-gaarvlak te bring

As jy met ‘n spul gaste sit wie se voorkeure verskil  sny die filet in hompe en haal van die kole af soos wat dit vir die verskillende smake benodig word.

Belangrik: ‘n groot snit beesvleis soos hierdie het tyd nodig om te rus nadat dit gebraai is. Hou dus die vleis warm vir so 10 tot 15 minute nadat dit van die kole gehaal is en voor dit bedien word. Dit gee die vloeistof binne-in die weefsel en die lopende vette kans om met mekaar te trou ‘n huwelik wat ‘n verstommende kind genaamd ‘geur’ baar.

 

This entry was posted in Beef, Recipes. Bookmark the permalink. Follow any comments here with the RSS feed for this post. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>