Vlakken Vlakvark

Posted by Emile

Ingredients

Kry nou die dag ‘n vlakvarkrib. Dit lyk heel skaflik, maar om dit sag te kry vir braai is ‘n ander storie. Ek kry hierdie resep toe by Fieta Obberammastra van Namibië.

  • Water
  • Lourierblare
  • Peper korrels
  • Tamatiesous
  • Worcestersous
  • Aromat of Tabasco

Method

  • Maak ‘n swartpot vol water. Laat die water kook, soos in borrelend.
  • Gooi twee lourierblare en ‘n handvol peperkorrels in die water.
  • Plaas dan die vlakvarkrib in die pot.
  • Kook die rib vir 13 ure in die water. (Nie net om dit sag te kry nie, maar ook om die geur van nat-hond en meerkatpie uit die rib te dryf.)
  • Haal die rib uit en laat dit afkoel. Smeer met tamatiesous, aromat, Mrs Balls, Tabasco..enigiets geurigs en braai die rib oor kole.
  • Die beste wenk is egter om nie die vlakvark met jou kar te tref nie. Sodoende spaar jy die gedwonge kennismaak met die rib.
This entry was posted in Pork, Recipes. Bookmark the permalink. Follow any comments here with the RSS feed for this post. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>