“Ek braai in Ierland”

Quinzil with his braai tongs in his Outdoor Kitchen

I received this email from Quinzil who lives in Ireland. We don’t realize what our expats are going through to get the braai culture going in the old country. This guy obviously has what it takes. Enjoy.

“Ek is n Suid Afrikaner  wat nou in Ierland al vir 14/15 jaar lank bly . Afrikaanse persoon. Ek is mal oor braai soos all die ander Suid Afrikaners . En braai enige tyd wat n groot ding is vir Ierland. meeste mense wat hier braai sal miskien net een mal n jaar braai en dit sal klein vark worsies en gemors burgers wees. hulle verbrand ook allles. En as hulle braai is dit op gas meeste van die tyd en dan sit hulle weer hulle braai weg tot volgende jaar so mens sal hoor dat iemand is mal oor braai en dan nooi hulle mens uit vir n braai dan sal jy sien dat die laaste jaar se vet van die burgers en roes en mif daar is op die grill. ( jammer vir hierdie bad graphic prentjie en hoop jy sal nie nagmerries he vir die res van jou lewe nie maar ek skrik gereeld wakker in die nag van dit hahahaahah.)

EK het toe uiteindelik my braai area gebou na jare se gas en / charcoal braaier buite my huis . Ek noem dit my buitemierse kombuis / outdoor kitchen . Dit is nog nie voltooi nie wel wat ek bedoel my dak moet nog op kom dit sal n tipe Pagoda dak net om die reen weg te hou en om my hamoks op te hang vir lekker kuier rus atmosphere. En ek is ook besig om n Pizza oond vir pizzas, brood bak en ook algemene kook soos n skaap bout etc. My Braai Box het ek self saam met n vriend geweld uit staal uit want mens kan nie sulke goed hier koop nie .En selfs my grill/grate self gemak uit 10mm stainless barr wat ek gesny het in stukke en toe geweld het met stainless weld rods.  Ek het n Baksteen arch bo op dit gebou vir mooi dekorasie en beskerming van die wind. Die bakstene is reklamed en is meer as 140 jaar oud want dit het uit n ou hotel gekom wat naby my afgebreeek was.

Jare lank se al my ierse vriende leer ons asb braai en ek leer hulle en probeer mense om intereseerd te word in braai. Maar dit gaan stadig want hulle is nie soos ons nie. ierse mense stel of belang of hulle stel glad nie belang nie . Hulle almal se ons het nie die weer nie . Dit is n swak verskoning want ek is nie oorspronklik van hier nie en ek geniet dit om enige tyd te braai .EK het al gereeld in die sneeu gebraai. EN wanneer die weer goor was en mense braai hier by my praat hulle lank nog daaarvan hoe lekker dit was al was die weer goor. Ongelukkig as mens hier by mense se huis kom en hulle braii( burgers en sausages dan is dit gewoonlik die vrouens wat om die vuur is maar hulle kook net die kos nie rerig braai nie . Dit is nie die selfde nie want die ouens soek net hulle kos maar is nie geintereseerd oor die vuur nie. En glo my ek gee nie om dat dit n vrou is wat braai nie . Dit maak nie saak vir my of dit n vrou of man is wat braai nie maar die manier hoe die mannne nie belangstel nie is snaaks.

SO na baie oorreding van vriende en n  profesionele CHEF het ek besluit om my liefde van braai vir ander mense te leer en om hulle ordentlik te leer. Dit is hoekom ek die BBQ MASTERCLASS begin het. Maar dit is net n stokperdjie wat ek weet sal nooit baie geld maak nie. Ek het mos klaar die buitemierse kombuis so my stokperdjie sal my nie geld kos nie. Dit sal ook baie beinvloed wees oor die somer seisoen . Ek het gesien dat in die laaste 5 jaar het mense ook meer begin intereseerd raak oor ordentlike braai. Ek noem ook van die nationale braai dag in my website om te se dat SA mense is so lief vir braai dat hulle selfs n nasionale braai dag het . Baie dankie vir daai dag!!!!!!!!!!!!!

Groete en hoop julle geniet wat ek in Ierland doen ( KYK asb onder na die link na my website )”

Quinzil du Plessis
http://bbqmasterclass.net/

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink. Follow any comments here with the RSS feed for this post. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

One Trackback

  1. By Spreading the word | BBQ Masterclass on February 11, 2013 at 3:21 pm

    [...] Ek Braai in Ireland (I am barbequeing in Ireland) [...]

Post a Comment

Your email is never published nor shared.

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>