Die Snoek Artikel

Fish

Posted by Emile Joubert. WEG

Ingredients

Om ‘n snoek te braai is soos om jou vrou te soen net warmer en meer bevredigend. Want almal het sy manier om dit te doen. Voor ek by Johann se tegniek uitkom onthou die volgende:

  • Vermy ‘n pap snoek. Dit is soos om katkos in meelvorm te eet
  • Gevriesde snoek is daar niks fout mee nie – Ontdooi dit net een uur voor jy hom op die vuur gooi
  • ‘n Snoek het soms welklein wit wurmpies tussen die vleis. Vat dit soos ‘n man
  • Voor die braaislag moet die snoek oopgevlek wees wat dit een velkant en een vleiskant gee
  • Hoe groter die snoek hoe lekkerder
  • Warm vuur groot rooster.

Method

  1. LAAT BRAAI MERAAI
  2. As jy op die Johann Krige manier wil braai moet jy ongeveer 10 minute voor die mense wil eet begin braai. Ja hier braai ons snoek in ses
  3. Begin deur jou liggesoute snoek op die toeklap-rooster te sit. Plaas die rooster na die kole met die velkant na die warm kole. Raps die vis vir so 30 sekondes op die hitte en draai om.
  4. Tussen die braaiery deur het jy ‘n belangrike bestanddeel nodig synde die bedruipsous. Nou hierdie kan ‘n komplekse konkoksie wees met meer bestanddele as ‘n Indiese musiekprent. Johann hou dit eenvoudig. Om die snoek se geur te laat deurkom. ‘En as die ander mense meer brand of soet wil he.
  5. Johann se snoeksous bestaan dus uit: twee-derdes olyfolie. Een-derde wit wyn.
  6. Dis al.
  7. Maak dit in ‘n wynbottel met ‘n skroeftop aan. Steek gate in die skroefdop. En terwyl jy die snoek braai spuit hom mildelik met die sous elke keer dat hy omgedraai word. Die prosedeure vorm ‘n stoomaksie saam met die braai die rede waarom jy net ses
    Bestuur jou vis-rooster-kontak. Wikkel die rooster met elke draaislag om te verhoed dat die vis nie vasbrand nie. En draai soveel keer as wat jy wil. Teen hierdie spoed maak dit nie saak nie.

SHARE THIS RECIPE