Posted by Emile Joubert
Ingredients
Sous:
- Twee koppies Coke
- Halwe koppie brandewyn
- Eetlepel Mrs Ball’s blatjang
- Twee eetlepels sojasous
- Twee eetlepels goeie asyn (nie balsamies nie – dis te soet)
Method
- Verhit pan
- Gooi die Coke en Brandewyn in die pan.
- Voeg Mrs Ball’s by. Kook af tot die hele storie ‘n dunnerige stroop maak.
- Klits dan die sojasous en asyn by en kook vir nog so 3-4 minute. Koel af.
- Nou vat jy jou sirloinsteaks en plaas hulle in die swart sous. Bedek die vleis met die sous en los vir 30 minute maksimum.
- Braai nou die steaks op jou rooster op oop warm kole.
- Dieselfde marinade kan uiteraard op rump T-been en filet gebruik word.
FILET: HEEL GEBRAAI
- Hierdie ware primasnit is nou nie geuriger as sirloin of rump nie maar die malvasag tekstuur is sensueel. Ek hou daarvan om voor die braaislag vir my ?n paar skywe te sny en sommer rou te eet met peper en suurlemoensap.
- Hoe ook al ‘n filet braai fantasties op die kole
- Smeer die filet met olyfolie sout en peper.
- Kry jou kole op die vlak waar jy jou hand vir vier tellings op roosterhoogte kan nou.
- Sit filet bo op die rooster. Gee elke kant van die silindriesvormige vleis so ‘n minuut se hitte om te kleur en te siel. Nou draai jy hom elke drie vier minute.
- Vir ‘n gewone filet van twee kilogram gaan 20 minute genoeg wees om hom halfgaar te kry warm in die middel maar pienkrooi. So 30 minute hoort jou vleis op die medium-gaarvlak te bring
- As jy met ‘n spul gaste sit wie se voorkeure verskil sny die filet in hompe en haal van die kole af soos wat dit vir die verskillende smake benodig word.
Belangrik: ‘n groot snit beesvleis soos hierdie het tyd nodig om te rus nadat dit gebraai is. Hou dus die vleis warm vir so 10 tot 15 minute nadat dit van die kole gehaal is en voor dit bedien word. Dit gee die vloeistof binne-in die weefsel en die lopende vette kans om met mekaar te trou ‘n huwelik wat ‘n verstommende kind genaamd ‘geur’ baar.
SHARE THIS RECIPE