Lewer in netvet (Skilpadjies)

Other

Posted by Peter-jasies

Ingredients

netvet
skaaplewer (kudu lewer is net so lekker)
1 groot ui
1 sny brood
kruinaeltjies
neutmuskaat
sout en peper

Method

Laat die netvet in sterk warm water voor jy die lewer daarin sit anders kraak dit. Vir elke 1 skaaplewer benodig mens omtrent 1½ netvet  as jy dit in klein porsies gaan oprol om oor die kole te braai. Maal die lewer met die ui ‘n sny brood, speserye, sout en peper.  Sny die netvet in 6 cm stukkies. Skep dessertlepelsvol van die gegeurde lewer daarop . Vou die netvet toe om die lewer.  Meeste van die vet braai weg en net die lekkerte bly oor.  Braai oor ‘n stadige vuur of in ‘n swaarboompot.

SHARE THIS RECIPE

Categories