Posted by Kevin
Ingredients
- 1 lewer (bees of wild)
- Peper
- Steak en Chops speserye
- 250gram kaas
- 2 medium tamaties
- 1 groot ui
- 100 ml vars room
- Skaap vet derm
Method
- Was die lewer skoon en trek die velletjie af (dit kan langdradig wees en jy moet geduld hê).
- Sny die lewer in blokkies (10mm x 10mm) Voeg peper speserye by en meng goed
- Rasper kaas met ‘n growwe rasper.
- Sny tamatie en ui op in klein blokkies.
- Plaas alles in een bak bymekaar en meng goed.
- Spoel die vet derm goed uit en sorg dat dit goed skoon is droog die derm af
- Bind die een kant van die derm toe met tou stop nou die mengsel in die derm. Moet nie die derm te styf stop nie anders sal dit bars as jy dit braai. Dit moet ook nie pap wees nie. (so hard as wat jy wors stop)
- Gooi die oortollige room in en bind toe met tou.
- Sit die pofadder in die yskas sodat die speserye en room kan werk. (3 ure plus)
- Braai op ‘n medium hitte vuur tot gaar.
SHARE THIS RECIPE