Posted by Arend Louw
Ingredients
- 1 of 2 pakkies gensyde Sampioene
- 1 TBSP botter
- 1 TBSP koekmeelblom
- 1/2 koppie melk
- 1 Houertjie room
- 1 Blokkie Bisto
- Aromat
Method
- Maak gesnyde sampioene gaar in ‘n pan sonder enige sout. Dreineer die water of sampioensap en hou eenkant.
- Smelt botter in pot, voeg die koekmeelblom by, meng.
- Gooi die melk by en meng weer goed.
- Dit sal en moet lekker dik wees. Hou ook eenkant.
- Maak die room stadig warm in ‘n plat pan.
- Terwyl dit warm raak, neem ‘n teesiffie met Bisto en strooi eweredig oor die room terwyl jy goed roer en todat dit ‘n ligte “tan” kleur het.
- Wanneer die room warm is, (pasop vir aanbrand) roer die meelmengsel in en meng tot glad. Gooi nou die sampioene in en gebruik die sampioen se sap om die sous te verdun indien nodig.
- Kry die Aromat nader en sprinkel na smaak.
- Tip: Vir ‘n pepersous, gooi varsgemaalde peper (na smaak) in dieselfde sous met of sonder sampioene. Ryk en lekker.
SHARE THIS RECIPE